30 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-03-2026 só ingevul:
Moenie so met jou vinger na die mense ........ nie; dis slegte maniere.
uitlig wys punt steek
'n Mens moet versigtig wees om Engelse uitdrukkings direk in Afrikaans te vertaal. Die Afrikaans vir die Engelse "point finger" is "vinger wys".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Die getal toeriste wat Suid-Afrika besoek, ........ jaarliks ........ .
toe; neem neem; toe toeneem, geen woord neem toe, geen woord
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die getal toeriste wat die land besoek, neem jaarliks toe.” en “Die getal toeriste wat die land besoek is aan die toeneem.”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wanneer stuur julle die ........ uit?
slegs uitnodiginge slegs uitnodigings slegs uitnodigingens uitnodigings of uitnodiginge
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 14.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Nadat die atleet vir die soveelste keer met opkikkers betrap is, is hy ........ alle sportdeelname verban.
onder uit van aan
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “verban uit”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)