Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-03-2026 só ingevul:



Die hond het ........ die hek gespring.
5 % (afgerond)slegs bo oor
32 % (afgerond)slegs bo-oor
62 % (afgerond)bo-oor of bo oor 
1 % (afgerond)slegs boöor

Wanneer 'n setsel plus 'n setsel saam as 'n voorsetsel optree, kan dit los of vas geskryf word (AWS 15.3e).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Daar het ʼn chaos in die landdroshof ontstaan toe die getuie wat die eed moes ........ , verkeerd deur die tolk verstaan is.

97 % (afgerond)aflê 
1 % (afgerond)afneem
aanhoor
2 % (afgerond)neem

Die korrekte Afrikaanse uitdrukking is "'n eed aflê"; die uitdrukking "'n eed neem" is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



As iemand van adel is, sê ons in die idioom hy/sy het ........ .
4 % (afgerond)Bloubloed
1 % (afgerond)Blou bloed
51 % (afgerond)blou bloed 
44 % (afgerond)bloubloed

Hierdie idioom het sy oorsprong in die Middeleeue toe die adel nie gewerk het nie en nie eintlik in die son gekom het nie. Hulle blou are was dus duidelik sigbaar onder hulle bleek velle. Die mense het dus gedink die adel het blou bloed.
Daar is nie sprake van betekenisverdigting nie, en dit word dus as twee woorde geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ is bekend vir hul wit, sanderige strande.
5 % (afgerond)Virginiese Eilande
14 % (afgerond)Maagdeilande
81 % (afgerond)Maagde-eilande 

Die korrekte Afrikaanse naam vir die eilandgroep wat in Engels as "Virgin Islands" bekend staan, is "Maagde-eilande. Plekname word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties