27 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-03-2026 só ingevul:
Ek wil vanjaar weer vir verdere studie ........ .
regustreer rigistreer rigustreer registreer
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die tweede “e” in “regestreer”), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as “rigistreer”).
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Idioom: Moenie ou skoene ........ voor jy nie nuwes het nie.
weggooi bêre politoer
Hierdie idioom beteken 'moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe nie daar is nie'. Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die huis word as 'n ........ teen 'n hoë prys bemark.
prima eiendom prima- eiendom prima-eiendom primaëiendom
Die woord "prima" is in hierdie voorbeeld 'n byvoeglike naamwoord. Byvoeglike naamwoorde word gewoonlik los van die selfstandige naamwoorde geskryf wat hulle beskryf, byvoorbeeld "prima eiendom", "mooi huis", "gunstige omgewing".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ons het tydens die vakansie in Durban op ʼn ........ gery.
riksja rieksja riksha ricksha
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "riksja" kom van Japannees.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)