Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 17 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-03-2026 só ingevul:



Aan die regterkant van die opstal is daar 'n boord vol vrugtebome.
Wat is die woordsoort van "boord" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voegwoord
2 % (afgerond)bywoord
1 % (afgerond)werkwoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “boord - die boord – boorde”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Natasja blink uit in ........ .
100 % (afgerond)landloop 
land-loop
land loop

ʼn Samestelling ("landloop") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "loop") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Dié pienk tot pers edelsteen van kwarts staan bekend as ’n ........ .
12 % (afgerond)Ametis
5 % (afgerond)Amatis
16 % (afgerond)ametist
67 % (afgerond)ametis 

Benamings van edelstene ("ametis"), wat dus goud, silwer, diamant en saffier insluit, word altyd met ʼn kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Idioom: Soos 'n ........ op droë grond.
haai
1 % (afgerond)walvis
1 % (afgerond)dolfyn
98 % (afgerond)vis 

Hierdie idioom beteken 'heeltemal magteloos'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties