Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 09 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-03-2026 só ingevul:



Watter leenwoord beteken in Afrikaans 'sagte, aanhoudende reën'?

4 % (afgerond)tjoggem
74 % (afgerond)kiza 
17 % (afgerond)kleza
6 % (afgerond)tsetse

Ons het die woord "kiza" (ook "kiesa" of "kieza") by Zoeloe geleen; dit beteken 'sagte reën'. Die leenwoorde "kleza" en "tjoggem" beteken om uit ʼn koeispeen in jou mond te melk, en "tsetse" beteken 'gevaarlike vlieg'. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Ag nee, gee hier dat ek dit doen; jy's soos 'n ........ in 'n porseleinkas.
1 % (afgerond)hond
41 % (afgerond)bul
47 % (afgerond)aap 
11 % (afgerond)kat

Die idioom 'soos 'n aap in 'n porseleinkas' beteken 'baie onhandig'. Die Engelse uitdrukking is "like a bull in a china shop".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ncebisa het 'n ........ aan my verkoop.
99 % (afgerond)korttermynversekeringspolis 
kort termynversekerings-polis
1 % (afgerond)korttermynversekerings-polis
kort termyn versekerings-polis

Na 'n verbindings"-s" word daar nie 'n leesbaarheidskoppelteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die bottel is goed gekurk.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "bottel" in bostaande sin?
2 % (afgerond)massaname
9 % (afgerond)houername
7 % (afgerond)eiename
82 % (afgerond)soortname 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "bottel", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties