Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 09 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-03-2026 só ingevul:



Ek het die toneelstuk baie toeganklik vir die gewone publiek gevind.
Wat is die woordsoort van "toeganklik" in bostaande sin?
29 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)voegwoord
68 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
1 % (afgerond)voornaamwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “toeganklike” toneelstuk. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “toeganklik”, “toegankliker”, “toeganklikste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Herderspastei is 'n bekende gereg van maalvleis, groente en ........ .
2 % (afgerond)kapok aartappels
95 % (afgerond)kapokaartappels 
1 % (afgerond)kapoksaartappels
2 % (afgerond)kapok-aartappels

Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel.
Die samestelling "kapokaartappels" kry nie 'n verbindings-s nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Alex se reis na Egipte was 'n ........ ervaring.
verryk
1 % (afgerond)verrykend
99 % (afgerond)verrykende  
1 % (afgerond)verrykte

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



'n "Jan Pampoen" is 'n verkleinerende of skertsende manier om na 'n ........ te verwys.
59 % (afgerond)stommerik 
3 % (afgerond)opgetooide kêrel
25 % (afgerond)sukkelaar
13 % (afgerond)papbroek

"Jan" is een van die gewoonste mansname wat in baie uitdrukkings gebruik word.
'n Stommerik is 'n "Jan Pampoen".
'n "Jan Salie" is 'n papbroek.
'n Sukkelaar is 'n "Jan Kalbas".
'n Opgetooide kêrel is 'n "Jan "Laventel".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties