Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 06 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-03-2026 só ingevul:



Wat is 'n "tummy tuck" in Afrikaans?
2 % (afgerond)slegs apdominoplastiek
10 % (afgerond)slegs abdominaplastie
60 % (afgerond)abdominoplastiek of abdominoplastie 
28 % (afgerond)slegs abdominoplastie

Die woord "abdominoplastie(k)" is 'n neoklassieke samestelling en bestaan uit die volgende Latynse en Griekse dele:
"abdomen" 'maag' (stam: "abdom"; Latyn)
"-o-" is 'n verbindingsmorfeem
"plastiek" 'die daad om iets te vorm' (gevorm uit die Griekse "plassein" 'om te vorm')
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hierdie sjokolade is tog te lekker!
Wat is die woordsoort van "te" in bostaande sin?
14 % (afgerond)voegwoord
55 % (afgerond)partikel 
16 % (afgerond)tussenwerpsel
16 % (afgerond)skakelwerkwoord

Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” wat graad aandui, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Dit is 'n ........ wat jy nou vertel het!
invame leun
97 % (afgerond)infame leuen 
1 % (afgerond)infame leen
2 % (afgerond)invame leuen

'n "Leuen" is 'n onwaarheid wat vertel is, terwyl "leun" 'n werkwoord is wat 'lê teenaan' beteken. "Leen" kan óf 'n meisie se naam wees, óf om iets by iemand te "leen".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Om ongeskik te wees met kinders is vreeslik ........ .
41 % (afgerond)on-Duits
12 % (afgerond)Onduits
34 % (afgerond)onduits 
13 % (afgerond)onDuits

Duitse mense is daarvoor bekend dat hulle nie ongeskik is met kinders nie. Wanneer byvoeglike naamwoorde gevorm word van eiename of ander hoofletterwoorde met die Afrikaanse voorvoegsel "on-", word die voorvoegsel en die res van die woord met kleinletters geskryf sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties