06 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-03-2026 só ingevul:
Ons wou teen ........ vertrek, maar ons medereisiger was laat.
daëraad daeraat daaraat daeraad
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Arlene het haar ........ na haar gewonde perd gehaas.
in aller yl in alleryl inalleryl in-aller-yl
Woorde met "aller-" word altyd vas geskryf, behalwe "in aller yl" wat ons van Nederlands geërf het.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Baie dinge het in Oos-Europa verander ná die ........ deur die Russe.
bewindsoorname bewendoorname bewendsoorname bewindoorname
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “bewindsoorname”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die navorsing is ........ gedoen en die bewyse is onbetwisbaar.
deuglik deugsaam deeglik deegsaam
Die woord "deeglik" beteken 'noukeurig'; die woord "deugsaam" word gesê van iemand wat 'goeie eienskappe' het. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)