Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 05 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-03-2026 só ingevul:



My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.
12 % (afgerond)Cilliersjie of Cilliers'jie
68 % (afgerond)Cilliers'tjie 
16 % (afgerond)Cillierstjie
3 % (afgerond)Cillierskie

Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die Amerikaanse ........ het vanuit hul vliegdekskepe 'n lugoffensief op die vyand se basis naby die kus uitgevoer.
5 % (afgerond)marina
1 % (afgerond)mariena
56 % (afgerond)marine 
38 % (afgerond)mariene

Die homofone "marine" en "mariene" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "marine" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'seemag', terwyl "marien(e)" (byvoeglike naamwoord) die betekenis 'betreffende die see' dra.
Sien ook die bladsy Homofone.



Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.
16 % (afgerond)ad hoc komitee
76 % (afgerond)ad hoc-komitee 
8 % (afgerond)adhockomitee

Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.



'n ........ word gewoonlik gedoen om moontlike genetiese abnormaliteite van die fetus te bevestig óf uit te sluit.
81 % (afgerond)Amniosintese
2 % (afgerond)Amniosinthese
2 % (afgerond)Amniocentese
15 % (afgerond)Amniosentese 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “amniosentese”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "amniosentese" kom van Grieks "amnos" wat 'lam' beteken en "kentēsis" wat 'om te prik' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties