03 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-03-2026 só ingevul:
Hy het 'n ........ vir die Nederlandse letterkunde.
geneëendheid geneentheid geneëntheid
Ter wille van tradisie, of omdat daar geen uitspraakprobleme bestaan nie, word die deelteken nie in hierdie geval gebruik nie, selfs al behoort die betrokke aangrensende vokaalletters tot verskillende lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
In die weermag moet jy al die ........ se vanne ken.
luitenants-kolonel luitenant-kolonels luitenante-kolonel luitenant-kolonelle
By saamgestelde militêre en soortgelyke rangbenamings kry die laaste lid die meervoudsuitgang.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die plaaslike politieke party se propaganda is ........ .
pro-Afrikaans pro-afrikaans proafrikaans Pro-Afrikaans
Byvoeglike naamwoorde wat met voorvoegsels soos "anti-" en "pro-" van taalname afgelei is, word met 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die res geskryf. Die voorvoegsel begin met 'n kleinletter en die res met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Ek het net vyf vrae uit die tien ........ .
gebeantwoord geantwoord begeantwoord beantwoord
'n Mens "antwoord" iemand, 'n klop aan die deur en 'n telefoon, maar "beantwoord" 'n vraag, brief, groet, liefde en kanonvuur. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)