12 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-02-2026 só ingevul:
Verskeie wêreldstede het deesdae ........ om pendelaars te vervoer.
mol treine moltreine moltreins mol-treine
ʼn Samestelling ("moltrein") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mol" en "trein") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit is ʼn werk wat groot ........ vaardigheid vereis.
intelektueel intellektuële intelektuële intellektuele
Daar kom nie 'n deelteken op die "e" na die "u" nie, aangesien die klank nie as 'n diftong uitgespreek kan word nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Wat noem ons iemand wat baie stadig is?
harmansdrip Herman's drup Hermansdrup harmansdrup
Haarlemmerolie is 'n geneesmiddel wat oorspronklik in Haarlem (Nederland) vervaardig is. Aangesien dié olie stadig drup, noem ons iemand wat stadig is 'n harmansdrup.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die sangeres Celine Dion is in ........ gebore.
kanada Kanada Canada canada
Geografiese name, byvoorbeeld die name van lande en landstreke, begin met 'n hoofletter. In Afrikaans, Fries en Duits skryf ons "Kanada", in Engels, Frans en Nederlands "Canada".
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)