Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 28 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-01-2026 só ingevul:



Die boemelaar het hom die onbewoonde plaashuis ........ .
2 % (afgerond)toege-eien
1 % (afgerond)toe-ge-eien
97 % (afgerond)toegeëien 

By afleidings of fleksievorme waar 'n opeenvolging van vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort, maar uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort, word die deelteken vir skeiding tussen die woorddele gebruik (bv. "toegeëien").
Die koppelteken word egter by samestellings gebruik waar so 'n opeenvolging van vokaalletters tussen die samestellende woorde voorkom (bv. "toe-eien"). (Bron: AWS 5.5)
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
1 % (afgerond)fasiliteit
66 % (afgerond)fasiliteitekommissie 
1 % (afgerond)fasiliteitsekommissie
32 % (afgerond)fasiliteitskommissie

By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Iemand wat van Australië kom, is 'n ........ .
75 % (afgerond)Australiër 
Australiaan
25 % (afgerond)Australianer

Australiese boorlinge word "Australiërs" genoem.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Boere voer vanjaar 'n ........ teen die droogte en stygende insetkoste.
39 % (afgerond)opdraande stryd 
29 % (afgerond)opdraandestryd
14 % (afgerond)opdraendestryd
18 % (afgerond)opdraende stryd

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “'n opdraande stryd voer”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “rasend honger”. Sommige mense beskou "opdraande stryd" as 'n samestelling van naamwoorde en wil dit vas skryf. Dit is egter 'n byvoeglike naamwoord "opdraande" en naamwoord "stryd", wat los geskryf word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties