Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 28 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-01-2026 só ingevul:



Tant Mavis hou voëls in ’n ........ in haar huis aan.
2 % (afgerond)koudjie
85 % (afgerond)koutjie 
13 % (afgerond)koukie

Woorde wat op ’n tweeklank eindig ("kou"), kry "-tjie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ek het my stukkend geval op die ........ in die pad.
96 % (afgerond)gruis  
1 % (afgerond)greis
3 % (afgerond)grys

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “grys” wanneer hulle eintlik “gruis” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Helen glo sy kan haar goeie uitslae ........ aan harde werk.
toe-skryf
3 % (afgerond)toe skryf
97 % (afgerond)toeskryf 

ʼn Samestelling (“toeskryf”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“toe” en “skryf”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jy moet by die voordeur uitloop, nie die agterdeur nie!
Wat is die antoniem van "uitloop" in bostaande sin?
9 % (afgerond)uittree
oorloop
87 % (afgerond)inloop 
4 % (afgerond)betree

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het, byvoorbeeld "inloop - uitloop", "kom - gaan", "kind - grootmens".
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties