Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 23 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-01-2026 só ingevul:



........ is ’n landboutegniek wat by onbesproeide landbougewasse, wat min jaarlikse natuurlike reënval ontvang, toegepas word.


98 % (afgerond)Droëlandboerdery 
Droë land-boerdery
Droë-land boerdery
1 % (afgerond)Droë land boerdery

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABlandboerdery
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek omhul my graag met skuim in 'n lekker warm bad.
Watter soort werkwoord is die woord "omhul" in bostaande sin?
15 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
79 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
3 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
3 % (afgerond)bedrywige hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Piet skop hoog. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Geen roos sonder ........ nie.
99 % (afgerond)dorings 
blare
1 % (afgerond)bye
kleur

Hierdie idioom beteken 'alles het 'n minder aangename kant'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



20 ........ het die partytjie bygewoon.
27 % (afgerond)Mense
73 % (afgerond)mense 

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met 'n syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties