Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 23 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-01-2026 só ingevul:



Ons het 'n ........ in die wildtuin gesien.
1 % (afgerond)impalla
iempaala
99 % (afgerond)impala 
1 % (afgerond)iempala

Sommige gewone woorde wat Afrikaans aan Afrikatale ontleen het, behou hulle oorspronklike vorm.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



Die ysterwarewinkel hou verskeie ........ teen rotte aan.
6 % (afgerond)gifs
13 % (afgerond)giffe
81 % (afgerond)giwwe 
giffens

Woorde wat op ʼn kort vokaal en ʼn "f" eindig, kry ʼn "ww" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "gif – giwwe").
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Sodra ek begin dink daar is net een manier om iets te doen, onthou ek alle paaie lei na ........ .
1 % (afgerond)Gansbaai
98 % (afgerond)Rome 
1 % (afgerond)Egipte
Amerika

"Alle paaie lei na Rome" is 'n gesegde in Afrikaans wat beteken dat daar verskillende maniere is waarop jy jou einddoel kan bereik.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die onkruid ........ .

1 % (afgerond)opskiet oral in die tuin
1 % (afgerond)oral in die tuin opskiet
98 % (afgerond)skiet oral in die tuin op 

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die onkruid skiet oral op.” en “Die onkruid sal oral opskiet.”
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties