22 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-01-2026 só ingevul:
Chantal kan nie uitgepraat raak oor hoe ........ haar man elke Sondag is nie.
aartslui aardslui
Waar byvoeglike naamwoorde gekombineer word met "aarts-" beteken dit 'in die hoogste graad' en nie 'eerste/vernaamste' soos in die geval waar dit met selfstandige naamwoorde verbind nie ("aartsbiskop").
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die ........ is so klein, dit sal nie die polisie te lank neem om af te handel nie.
ondersoekdjie ondersoektjie ondersoekkie ondersoekie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die hoofstad van Indië is ........ .
New Delhi Nieu Delhi Nieu-Delhi Nieu-Deli
Die AWS erken net die spelling "Nieu-Delhi". Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
Hy het sy setel aan die opposisie afgestaan. Wat is die woordsoort van "setel" in die bostaande sin?
telwoord werkwoord selfstandige naamwoord voorsetsel
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "setel - die setel - setels".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)