22 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-01-2026 só ingevul:
Sekere volke gebruik nog ........ as wapens.
knopkieries knopkiries knop-kieries knop kiries
ʼn Samestelling ("knopkierie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("knop" en "kierie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die strydende faksies het tot die bitter einde ........ .
geveg veg vêg gevêg
Die "e" in "veg" word nie gerek nie en kry dus nie ’n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.
Idioom: Donkerwerk is ........ .
donderwerk duister werk bose werk konkelwerk
Die idioom "donkerwerk is konkelwerk" beteken 'werk wat in die donker gedoen word, kan nie goed wees nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
My pa lees elke Sondag die ........ .
Rapport Raport rapport raport
Die naam van die Sondagkoerant is "Rapport".
Sien ook die bladsy Publikasiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)