21 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-01-2026 só ingevul:
Die atleet het in die 100 m-naelloop ........ .
geseëvier geseevier seëgevier seegevier
Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die nuwe webtuiste is baie ........ .
gebruikers vriendelik gebruiker-vriendelik gebruikersvriendelik gebruiker vriendelik
Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele ("gebruiker" + "vriendelik") bestaan. Daar kan ook dikwels 'n verbindingsklank ("-s-") tussen die dele voorkom. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ten spyte van die feit dat ........ veselryk is, moet dit in ʼn lae-GI-dieet vermy word.
Herbertpampoen Hubbardpampoen of hubbardpampoen Herbertpampoen of herbertpampoen Hubbardpampoen
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). Die name van variëteite kan met hoof- of kleinletters geskryf word. Die gewone naam vir "Cucurbita maxima subsp. hubardiana" staan in Afrikaans bekend as "hubbardpampoen" en nie "herbertpampoen" nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Bertus kan tog so maklik met sy sangtalent spog. Watter idioom sal ons gebruik om "spog" in bostaande sin mee te vervang?
te pronk loop sy skapies bymekaarjaag sy mond verbypraat met die mond vol tande staan
As jy te pronk loop met iets, dan spog jy daarmee. (Engels: 'flaunt' of 'show off') Om met 'n mond vol tande te staan is wanneer jy niks te sê het nie. As jy iets sê wat jy nie moes gesê het nie, dan het jy jou mond verbygepraat. Om skapies bymekaar te jaag, is om te trou. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)