Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 21 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-01-2026 só ingevul:



By my pa is onlangs ........ trombose gediagnoseer.
3 % (afgerond)koronêrre
84 % (afgerond)koronêre 
2 % (afgerond)koronerre
11 % (afgerond)koronere

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("koronêr"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



ʼn Dokter se ........ is om siek mense te behandel.

taëk
1 % (afgerond)tak
taek
98 % (afgerond)taak 

In geslote lettergrepe (soos in die woord “taak”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Anita is ʼn ........ in die kombuis.
1 % (afgerond)voor slag
98 % (afgerond)voorslag 
voor-slag

ʼn Samestelling (“voorslag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (die voorsetsel “voor” en naamwoord “slag”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Fred is die ewige optimis; hy glo nog steeds dinge sal beter gaan.
'n Antoniem vir die woord "optimis" is ........ .
4 % (afgerond)geluksvoël
1 % (afgerond)bitterbek
92 % (afgerond)pessimis 
3 % (afgerond)begunstigde

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties