Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 20 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-01-2026 só ingevul:



Die skrywers behoort aan 'n ........ .
94 % (afgerond)gilde 
6 % (afgerond)gulde

'n Mens noem 'n beroepsvereniging 'n gilde. "Gulde" beteken 'goue', soos in "'n gulde geleentheid" (wat dus as 't ware 'n goue geleentheid is).
Sien ook die bladsy Homofone.



Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
64 % (afgerond)pekari's 
9 % (afgerond)pekarisse
16 % (afgerond)pekaries
10 % (afgerond)pekaris

Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word.
Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Elna het vir haar verloofde die foto waarvan hy so baie hou, dié een van haar waar sy by 'n ........ staan, laat raam.
41 % (afgerond)Hartmannbergkwagga of hartmannbergkwagga
16 % (afgerond)Hartmannbergkwagga
37 % (afgerond)hartmannbergkwagga 
6 % (afgerond)Hartmann-bergkwagga

Volgens die AWS (reël 9.7) begin die gewone name van plante en diere met kleinletters. Hierdie reël geld ook indien so 'n naam 'n samestelling is waarvan die eerste lid 'n eienaam is – ongeag of dit 'n geografiese, plek-, persoons-, etniese of ander eienaam is.
Die eienaamelement (d.w.s. die persoonsnaam "Hartmann") word volgens hierdie reël dus binne die samestelling ("hartmannbergkwagga") met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Johan is maar erg vrekkig.
'n Sinoniem vir "vrekkig" is:
4 % (afgerond)stadig
1 % (afgerond)skaam
90 % (afgerond)suinig 
5 % (afgerond)lui

'n "Vrek" is iemand wat baie suinig is.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties