20 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-01-2026 só ingevul:
Die bom is deur ekstremiste geplant. Wat is die woordsoort van "ekstremiste" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord bywoord voegwoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “ekstremis - die ekstremis – ekstremiste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ma dra 'n deftige ........ na die opera toe.
hals snoer halssnoer hal snoer halsnoer
ʼn Samestelling (“halssnoer”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“hals” en “snoer”) bestaan en saam een ding beteken. Gewoonlik word naamwoorde in samestellings vas geskryf, maar ander voorbeelde soos samestellende samestellings kom ook voor. Samestellings moet altyd vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Toe ons gaan stap het, het ons ’n ........ in die veld gesien.
rinkals rinkhals Rinkhals Rinkals
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Adele het die tydskrif ........ deurgeblaai.
van deur tot kosyn van draai tot kurwe van hoek tot kant van kant tot hoek
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "van hoek tot kant"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)