Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 19 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-01-2026 só ingevul:



Tien dinge ........ jy moet weet voor jy die grootmenslewe aanpak!
99 % (afgerond)waarvan 
1 % (afgerond)van wat
wat van

Ons gebruik meestal "waarvan" en nie "van wat" nie in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Waarvan vs. van wie.



Die ........ hou 'n vergadering om die jongste vlaag inbrake te bespreek.
93 % (afgerond)gemeenskapsforum 
gemeenskap-forum
6 %gemeenskapforum
gemeenskap forum

Die "s"-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in 'n samestelling op "-ing", "-skap", "-heid" en "-(i)teit" eindig. Ander voorbeelde sluit in: "oorredingsvermoë", "veiligheidshek" en "identiteitskrisis".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



My tweelingbroers raak vinniger aan die slaap wanneer hulle op hulle ........ lê.
6 % (afgerond)mage
2 %maage
92 % (afgerond)mae 
maags

Daar bestaan 'n hele klomp woorde waarvan die "g" aan die einde van die woord wegval en dit 'n "e" bykry wanneer die meervoud gevorm word. Ander voorbeelde sluit in: "saag" > "sae", en "vraag" > "vrae".
Die AWS erken slegs "mae" as meervoudsvorm van "maag".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ Jy trap op my voet, en dit is déksels seer.
Watter tussenwerpsel sal 'pyn' uitdruk in bostaande sin?
Foeitog!
96 % (afgerond)Eina! 
3 % (afgerond)Ai!
Ag tog!

Tussenwerpsels (ook uitroepe genoem) word gebruik om verbasing, blydskap, hartseer, pyn, ensovoorts uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties