Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 19 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-01-2026 só ingevul:



Wat is jou naam en ........ ?
9 % (afgerond)faan
86 % (afgerond)van 
5 % (afgerond)vaan
1 % (afgerond)fan

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



As die ekonomie nie verbeter het nie, het ons ’n duistere toekoms ........ .
42 % (afgerond)tegemoetgegaan 
12 % (afgerond)tegemoetgaan
9 % (afgerond)te gemoet gegaan
37 % (afgerond)tegemoet gegaan

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Sommige van die Belgiese sanger ........ Brel se liedjies is ook in Afrikaans vertaal.

5 % (afgerond)Jacquez
3 % (afgerond)Jaquez
82 % (afgerond)Jacques 
10 % (afgerond)Jaques

Die naam Jacques is die Franse vorm van die naam Jakobus of Jakob. Dit word gewoonlik met 'n c en 'n q gespel.

Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Woorde wat net so oorgeneem is uit ander tale en wat hulle oorspronklike spelvorm behou, noem ons ........ .
8 % (afgerond)homonieme
48 % (afgerond)vreemde woorde 
35 % (afgerond)verafrikaanste woorde
9 % (afgerond)wisselvorme

Indien vreemde woorde verafrikaans sou word, sou hulle vir ons vreemder lyk as in die oorspronklike spelvorm. Bekende voorbeelde van vreemde woorde sluit in: "pizza", "steak", "denim", "casanova" en "chalet".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties