16 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-01-2026 só ingevul:
Duitsland se sterk ekonomie kan toegeskryf word aan ........ en goeie beleid.
Eerste-wêreld-ekonomiese-infrastruktuur Eerste-wêreld- ekonomiese -infrastruktuur Eerste Wêreld- ekonomiese infrastruktuur Eerste wêreld ekonomiese infrastruktuur
By afstandsamestellings is ʼn koppelteken volgens die nuwe AWS verpligtend. In samestellings met eiename word die integriteit van die eienaam, in die geval "Eerste Wêreld", behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
My skoonma het graag verwys na haar ouma se ........ , want alles wat sy geplant het, het goed gegroei!
groeihand groeivingers groenvingers groen vingers
Die algemene "groenvingers" is in der waarheid 'n anglisisme van die Engelse uitdrukking 'green fingers'. In Afrikaans sê ons liewer iemand het 'n groeihand.
Die president is in die verkiesing deur die opposisie uit die ........ gelig.
bed saal stoel water
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “uit die saal lig”; “'n beroep doen”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die Flaviese amfiteater in Rome staan bekend as die ........ .
Colosium Colossium Collosseum Colosseum
Die Colosseum (of Kolosseum; soms ook Coliseum) is gebou onder keisers Vespasianus en Titus en in 80 n.C. ingewy. Dit is genoem na die colossus of reusestandbeeld van Nero wat daarby gestaan het. Deur eienaamverbleking verwys "colosseum" (met 'n kleinletter) ook na enige groot skouburg. Bron: WAT
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)