Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 16 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-01-2026 só ingevul:



Die projek is na vele maande ........ klaar.
1 % (afgerond)uindelik
98 % (afgerond)eindelik 
1 % (afgerond)eindeluk
yndelik

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Gawie het met ........ die hele storie uitbasuin!
5 % (afgerond)'n beuel
89 % (afgerond)groot trompetgeskal 
2 % (afgerond)'n blaasorkes
4 % (afgerond)handgebare

Die idioom "met trompetgeskal uitbasuin" beteken om 'n 'groot ophef van iets te maak'.
In Engels sê 'n mens: "proclaim with a flourish of trumpets!".

(Bron: Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Dit is daardie persoon se ........ ; hy sal die mees geskikte kandidaat vir die pos wees.
1 % (afgerond)spesialiteit gebied
8 % (afgerond)spesialiteitgebied
90 % (afgerond)spesialiteitsgebied 
1 % (afgerond)spesialiteits-gebied

By samestellings met 'n verbindingsklank is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie. 'n Samestelling met 'n verbindingsklank word vas geskryf. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die ouers het hul kleuter ........ mishandel.
58 % (afgerond)fisiek of fisies 
18 % (afgerond)fisiek
phisiek
23 % (afgerond)fisies

Die woord "fisiek" en "fisies" in die betekenis van 'aan 'n liggaam' is volgens die AWS wisselvorme; slegs die woord "fisies" slaan egter op fisika en die natuur.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties