Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-01-2026 só ingevul:



Wat eet ons vanoggend vir ........ ?
4 % (afgerond)brekfist
14 % (afgerond)brekvis
61 % (afgerond)brekfis 
22 % (afgerond)breakfast

Vreemde woorde wat verafrikaans word ("brekfis"), word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Die leeuwyfie lê by haar ........ .
5 % (afgerond)welpjies
91 % (afgerond)welpies 
4 % (afgerond)welptjies

Woorde wat eindig op "f", "g", "k", "p", of "s" wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte "a", "e", "o" of "u", kry ʼn "-ie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Idioom: Van sit en staan, kom niks ........ .
7 % (afgerond)vandaan
3 % (afgerond)geslaan
90 % (afgerond)gedaan 

Die idioom "van sit en staan, kom niks gedaan", beteken 'as 'n mens niks doen nie, bereik jy niks'.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



In sprokies is daar dikwels karakters wat kan toor.
Wat is die woordsoort van "toor" in bostaande sin?

1 % (afgerond)voegwoord
5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
93 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "toor - getoor".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties