14 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-01-2026 só ingevul:
Sarah is ’n kampvegter vir vroueregte en ’n uitgesproke ........ .
feminus femminus feminis femminis
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "feminus" in plaas van die korrekte "feminis".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Moet jou nie aan die ........ steur nie, hy maak net of hy alles weet.
wysneus wysnees weisnees wuisneus
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "wuisneus" in plaas van die korrekte "wysneus".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die ........ was ’n jong meisie wat laat die aand op pad was huis toe.
slagofer slag ofer slagoffer slag offer
ʼn Samestelling ("slagoffer") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "offer") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
As jy nie jou kant bring nie, sal jy die ........ van die baas ervaar.
doring toorn toring doorn
Die woord "toorn" beteken ‘woede’ en die woord "toring" beteken ‘hoë gebou’.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)