13 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-01-2026 só ingevul:
Ek weet dinge gaan nou baie sleg, maar onthou net, elke donker wolk het 'n silwer ........ .
randjie of rantjie slegs rantjie rainkie of randjie slegs randjie
Die woorde "rand" en "rant" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "rand" verwys na die Suid-Afrikaanse geldeenheid; die woord "rant" verwys na 'n heuwel of ’n rotsagtige hoogte. "Rand" en "rant" is egter ook sinonieme wanneer dit na die kant van iets verwys (sien AWS, HAT en WAT). In die uitdrukking "elke wolk het 'n silwer randjie" is "randjie" en "rantjie" dus albei korrek.
Sien ook die bladsy Homofone.
Die ........ het die woeste vlaktes probeer tem.
slegs pioniers slegs pionierens pioniers of pioniere slegs pioniere
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud. Die AWS erken egter ook die meervoudsvorm met 'n "-e".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Job se lewe het gespreek van ........ .
slegs Godvresendheid slegs godvresendheid Godvresendheid of godvresendheid
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Hoe goed is die ........ van hierdie kompleks?
veiligheid veiligheid, sekerheid of sekuriteit sekerheid sekuriteit
Die woorde "sekerheid" en "veiligheid" en "sekuriteit" is almal sinonieme, hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak tussen die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)