ʼn Jarmoelka (Engels 'yarmulke') is ʼn skedelmus (klein hoedjie) wat meestal deur Joodse mans gedra word. Dit is ʼn Jiddisje leenwoord wat verafrikaans is. (Bron: AWS)
Uitdrukking: ........ of hy ooit die erns van die saak sal besef!
Nugter weet Almal weet Niemand weet Enigeen weet
As 'niemand weet nie', sê ons "nugter weet". As ons dié uitdrukking gebruik, kom daar nie 'n tweede "nie" in die sin nie. As jy sê: "Niemand weet...", moet daar wel 'n tweede "nie" in die sin gebruik word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die ........ het het binne sekondes ná lansering die vuurpyl van sy koers laat afwyk.
Proton M vuurpylaanjaer Proton-M vuurpylaanjaer Proton M-vuurpylaanjaer Proton-M-vuurpylaanjaer
Die naam van die vuurpyl is "Proton-M". In 'n samestelling kom daar dus nog 'n koppelteken om die res van die woord aan die eerste deel te koppel, "Proton-M-vuurpylaanjaer".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die slang pik Nomsa. Wat is die woordsoort van "pik" in bostaande sin?
oorganklike hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die slang pik Nomsa. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wie?" of "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)