12 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-01-2026 só ingevul:
Die afkorting "KVA" staan vir ........ .
kilovolt-ampère kontant voor aflewering of Kommissie vir Administrasie
Die afkorting "KVA" staan vir beide "Kommissie vir Administrasie" of "kontant voor aflewering" ("k.v.a." word ook gebruik vir laasgenoemde).
Die afkorting vir "kilovolt-ampère" is "kVA".
Sien ook die bladsy Afkortings.
Die gaste het ʼn ........ voor die kerk gevorm.
ere wag eer-wag erewag eerwag
ʼn Samestelling (“erewag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“eer” en “wag”) bestaan. Die "-e-" is 'n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ skrif is moeilik om te lees.
doffe dowe dof dowwe
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("dof"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Woorde wat op ’n kort vokaal en "f" eindig, kry "-wwe" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Volgafstandbeheer kan jy op drie plekke verstel: op die stuurwiel, op die instrumenthuls agter die stuurwiel en, ........ , regs onder by jou knie.
lest beste lesbes les bes les beste
Die uitdrukking "les bes" beteken 'die laaste maar die beste van alles/almal'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)