12 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-01-2026 só ingevul:
Daar was ........ baie belangstelling in die vertoning.
bitreklek betreklek bitreklik betreklik
Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14); die [ә]-klank word in beklemtoonde lettergrepe en agtervoegsels met “i” geskryf (AWS 16.13).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Alle soogdiere het ........ .
werwelle werwellens werwels werwelse
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 16 Junie gevier word?
Jeugdag jeug dag jeugdag Jeug Dag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die woord "digter" in die volgende twee sinne is ’n ........ . Die digter het ’n groot bydrae tot Afrikaanse poësie gemaak. Jy moet seker maak jy draai die flesse digter toe as laas keer, anders word die inhoud sleg.
antoniem homofoon homoniem sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "digter" (‘iemand wat gedigte skryf’) en "digter" (‘iets wat nie lek nie’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)