Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 09 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-01-2026 só ingevul:



’n Sinoniem vir ’n seeleeu is ’n ........ .
95 % (afgerond)rob 
1 % (afgerond)rop
1 % (afgerond)seekat
3 % (afgerond)seekoei

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die duif se eiers het ........ en die ouers versorg die kuikens.
1 % (afgerond)geuitbroei
ge-uitbroei
1 % (afgerond)uitbroei
98 % (afgerond)uitgebroei 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Tot tyd en ........ word sy verskoning aanvaar.
2 % (afgerond)tyding
95 % (afgerond)wyl 
3 % (afgerond)dae
wete

Die vaste uitdrukking 'tot tyd en wyl' beteken 'voorlopig'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die sprokiestroue het mense oor die hele wêreld betower.
Watter woordsoort is die woord "betower"?
91 % (afgerond)werkwoord 
5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
2 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "betower" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties