08 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-01-2026 só ingevul:
My familie gaan eet gewoonlik by die ........ op Kersdag.
Koekemoers Koekemoer'e Koekemoer's Koekemoere
Eiename wat op "-r" eindig, kry 'n meervoudsvorm met "-s".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die soldaat lig sy vuis ........ .
slegs triomphantelik triomfantlik of triomfantelik slegs triomfantelik slegs triomfantlik
As jy iets met triomf doen, doen jy dit triomfantlik. Ons kan dit ook "triomfantelik" spel.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
My pa het destyds 'n ou ........ gery.
1954-Triumph-TR2-afslaankap 1954-Triumph TR2-afslaankap 1954 Triumph TR2 afslaankap 1954 Triumph TR2-afslaankap
In samestellings met eiename waar een deel van die samestelling los geskryf moet word, word die spasies in samestellings behou, byvoorbeeld "2-deur-Land Rover-motor" of "1954-Triumph TR2-afslaankap".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hy het sy onverskrokkenheid bewys. 'n Antoniem vir "onverskrokkenheid" in die bogenoemde sin is:
sterkte papbroekigheid dapperheid
Die antoniem van 'n woord is 'n woord met 'n teenoorgestelde betekenis.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)