Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-01-2026 só ingevul:



'n Antoniem vir die woord "bedags" is ........ .
6 % (afgerond)soggens
8 % (afgerond)smiddae
86 % (afgerond)snags 

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het, byvoorbeeld "bedags - snags".
Sien ook die bladsy Antonieme.



'n Mens kon ná die reën 'n klein ........ deur die venster sien.
1 % (afgerond)reënboogtjie
86 % (afgerond)reënbogie 
11 % (afgerond)reënboogie
1 % (afgerond)reënboogkie

Woorde wat op f, g, k, p of s eindig en wat 'n ander konsonant of tweeklank daarvoor het, kry -ie in die verkleiningsvorm. (AWS 17.3)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die ........ wat die beskuldigde verteenwoordig, is Jaap Cilliers.
90 % (afgerond)advokaat 
8 % (afgerond)Advokaat
2 % (afgerond)advocaat
Advocaat

Waar aanhefvorme sonder 'n daaropvolgende eienaam nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf. Die woord "advokaat" is 'n regsverteenwoordiger in 'n hooggeregshof. Die woord "advocaat" is 'n soort drank.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die hond knor vir die kat.
Wat is die woordsoort van "knor" in bostaande sin?

20 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
9 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
65 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
6 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In ’n sin sonder ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die hond knor vir die kat. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin 'n voorwerp het, is die werkwoord oorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties