07 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-01-2026 só ingevul:
Hulle het 'n nuwe ........ ontwikkel om melk langer vars te hou.
procede procédé procedé
Sommige woorde van vreemde herkoms word met 'n akuut gespel soos wat dit in die oorspronklike taal voorkom.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Hulle het die voeding hoofsaaklik ........ aan die pasiënt gegee.
binne-aars binne aars binneaars
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel (die "-s") wat 'n woordgroep ("binne aar") saambind tot 'n woord. Die woord word dan vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Hierdie fliek bevat geen ........ nie.
slegs godslastering slegs Godslastering Godslastering of godslastering
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Idioom: Iemand laat nie toe dat iemand die ........ van sy brood af eet nie.
grondboontjiebotter ham kaas stroop
Die idioom: "iemand laat nie toe dat iemand die kaas van sy brood af eet nie", beteken 'iemand laat hom/haar nie tekort doen nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)