07 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-01-2026 só ingevul:
Gereelde ........ oor die saak is 'n vereiste.
terug-rapportering terug rapportering terugrapportering
'n Samestelling met "terug" en 'n werkwoord "rapportering" is 'n samestellende samestelling. Voorbeelde hiervan sluit in: "terughardloop"; "terugmarsjeer"; "terugstrompel" ensovoorts.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
........ jy vertel vir hulle, ........ ek gaan.
of ... of Òf ... òf Of ... of Óf ... óf
Die akuutteken word gebruik om beklemtoning aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Idioom: Ons sit almal in dieselfde ........ .
skippie of skuitjie vlotjie skuitjie of bootjie bootjie of kano
Die idioom "in dieselfde bootjie of skuitjie wees", beteken 'in dieselfde situasie verkeer'.
Suid-Afrika se ........ het sy kommer uitgespreek oor die toestroming van burgers uit buurlande.
departement van Internasionale Betrekkinge Departement van internasionale Betrekkinge Departement van Internasionale Betrekkinge departement van internasionale betrekkinge
Soortname wat as eiename of as dele van meerledige eiename optree, kry aanvangshoofletters, byvoorbeeld Departement van Buitelandse Sake, Konstitusionele Hof, Kommissie vir Waarheid en Versoening, Slag van Magersfontein. Bron: AWS 9.9
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)