Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 07 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-01-2026 só ingevul:



Die ........ weer het die reddingsoperasie bemoeilik.
92 % (afgerond)gure 
4 % (afgerond)giere
1 % (afgerond)gier
3 % (afgerond)guur

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("guur"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die rolprent het soveel ........ ontlok, almal het in trane uit die teater geloop.
93 % (afgerond)emosie 
1 % (afgerond)emoosie
1 % (afgerond)iemosie
6 % (afgerond)emotie

In oop lettergrepe word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2)
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



ʼn Sterk ........ kan stede verwoes en baie mense laat sterf.
100 % (afgerond)aardbewing 
aard bewing
aard-bewing

ʼn Samestelling ("aardbewing") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aard" en "bewing") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Mense stroom na Kirstenbosch om die besonderse gebeurtenis te sien van die blom wat net een keer elke vyftig jaar blom.
'n Antoniem vir "besonderse" in bostaande sin is ........ .
7 % (afgerond)kommerwekkende
46 % (afgerond)alledaagse 
45 % (afgerond)interessante
2 % (afgerond)vindingryke

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties