06 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-01-2026 só ingevul:
Die sekerheidsbeampte by die lughawe het daarop aangedring dat hulle eers hul skoene, baadjies en ........ verwyder, voordat hulle gevisenteer is.
belts belte of belde belde belte
Die woord "belde" is die meervoud van sowel "belt" (die oorspronklike Engelse leenwoord) as "beld" (die eweneens aanvaarde verafrikaanste weergawe daarvan). Klankverwarring kom dikwels voor tussen "t" en "d" aan die einde van 'n woord, aangesien albei in Afrikaans as stemloos (d.w.s. as [t]) uitgespreek word. Deur te luister na die verboë vorm van so 'n woord (byvoorbeeld die meervoud), kan normaalweg bepaal word of dit met 'n "t" of 'n "d" gespel moet word. Beide die enkelvoudsvorme "belt" en "beld" word egter in hierdie uitsonderlike geval aanvaar.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ek wil liewer nie daar werk nie; daar's te veel ........ .
kaatjie van die bane kaatjies van die bane kaatjies van die baan katjies van die baan
In die idioom "kaatjie van die baan" is "kaatjie" die kern en neem dus die meervoud: "kaatjies van die baan".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die meeste ........ woon in Port-au-Prince.
Hahitiane Haitiane of Haïtiane Haïtiane Haitiane
Mense wat van Haiti (of Haïti) kom, noem jy "Haitiane" (of "Haïtiane") met "Haitiaanse" (of "Haïtiaanse") gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Ná hul onlangse oorwinning teen hul aartsvyande is die span se ........ besonder hoog.
morale moreel morele moraal
Die woord "moraal" is die Afrikaans vir die Engelse "moral" en beteken die "les" in 'n storie, die etos van 'n geloof of denkrigting of sedelike beginsels. Die byvoeglike naamwoord hiervan is "moreel" of "morele".
Die s.nw. "moreel" is die Afrikaans van die Engelse "morale" en verwys na die geesteskrag van 'n groep.
Die span se moreel is dus hoog; tieners wat die spoor byster geraak het se moraal laat veel te wense oor.
Die byvoeglike naamwoord vir al twee hierdie selfstandige naamwoorde is in Afrikaans "morele". (Bron: VivA)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)