05 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-01-2026 só ingevul:
Die Springbokke speel hierdie naweek teen die ........ .
Wallabees Walabies Wallabies Walabees
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse spelreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Idioom: Bietjie ........ maar klipsteenhard.
vreemd slu baard sag
Die idioom "bietjie baard maar klipsteenhard" word gesê van 'n 'geslepe of ervare mens'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die minister van polisie het 'n nuwe hoof vir die polisie se ........ aangestel.
georganiseerde misdaadeenheid georganiseerdemisdaadeenheid georganiseerde misdaad-eenheid georganiseerde misdaad eenheid
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "georganiseerde" + selfstandige naamwoord "misdaad") en ʼn selfstandige naamwoord "eenheid".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Visekanselier Mokaba het streng stappe gedoen teen ander bestuurslede ten einde te bewys dat hy ........ kan laat geld.
homself hom-self hom hom self
Wederkerende voornaamwoorde wat saam met noodsaaklik wederkerende werkwoorde gebruik word, kry nooit in Afrikaans "=self" nie, byvoorbeeld: Sy bekommer haar; Hulle bemoei hulle; Hy vererg hom. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)