Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 05 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-01-2026 só ingevul:



'n ........ is 'n rekenkundige toestel, dikwels saamgestel as 'n houtraam met krale wat op drade gly.

60 % (afgerond)Abakus 
3 % (afgerond)abbakus
7 % (afgerond)abakus
30 % (afgerond)Abbakus

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “abakus”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "abakus" kom van die Latynse "abacus" wat 'pronktafel, buffet, rekenbord' beteken.
Bron: etymologiebank.nl
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Hierdie bydraes was die motivering vir die ........ van die span.
57 % (afgerond)reusesukses 
43 % (afgerond)reuse sukses
reus sukses
reussukses

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



My nuwe motor is ........ as die ou een.
1 % (afgerond)meer sneller
meer snelste
97 % (afgerond)sneller 
2 % (afgerond)meer snel

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “snel”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “sneller” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die snelste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Meer as 15 werkers het gehelp om die slagoffers ........ veiligheid te bring.

4 % (afgerond)tot
5 % (afgerond)in
67 % (afgerond)na
24 % (afgerond)in of na 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Iemand (iets) word "in" of "na" veiligheid gebring, maar iets kan "met" veiligheid gedoen word.
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties