05 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-01-2026 só ingevul:
Die beseerdes is per ........ na die hospitaal geneem.
ambulaens ambulaans ambulans
Die laaste "a" in die woord "ambulans" word genasaleer. Gewoonlik word sulke klanke nie in Afrikaans verdubbel nie, byvoorbeeld "gans", "Frans" en "dans".
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Het jy al jou werk ........ ?
geafhandel afgehandel afhandel af gehandel
Skeibare werkwoorde ("afhandel") wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
My broer is 'n regte ........ .
japie Japie
Eienaamverbleking vind plaas waar 'n eienaam (soos "Japie", wat met 'n hoofletter begin) op 'n figuurlike manier gebruik word (soos "japie" wat verwys na 'n agterlike persoon). Indien die figuurlike betekenis gebruik word, begin dit met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Kyk in die ........ vir die boek wat jy wil bestel.
ketallogus katalogus katallogus ketalogus
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "katalogus", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)