02 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-01-2026 só ingevul:
Maak seker die ........ is af voordat jy die gloeilamp omruil.
skaakelaar skaakelar skakelar skakelaar
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
As my geheue my nie ........ speel nie, het jy laas ʼn ander meisie gehad.
parte kaart gholf saam
Die uitdrukking "parte speel" beteken ‘in die steek laat’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Baie boere maak van ........ gebruik as hulle baie water op hul plase het.
spilpunt-besproeiing spilpunt besproeiing spilpuntbesproeiïng spilpuntbesproeiing
ʼn Samestelling (“spilpuntbesproeiing”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“spil”, “punt” en "besproeiing) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Maties het die Madibas naelskraap geklop. 'n Sinoniem vir die woord "naelskraap" in bostaande sin is ........ .
skaars skielik net-net amper
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "rakelings - net-net".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)