Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-01-2026 só ingevul:



Gee asseblief vir my die ........ aan om in die beslag in te roer.
6 % (afgerond)vanila
wanilla
4 % (afgerond)vannilla
89 % (afgerond)vanilla 

Vreemde woorde ("vanilla") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Daar word vertel dat seerowers ........ op die eiland begrawe het.
98 % (afgerond)skatte 
skattens
1 % (afgerond)skats
skate

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Betsie se familie is ........ .
1 % (afgerond)miljoenêrryk
1 % (afgerond)doodryk
koningsryk
98 % (afgerond)skatryk 

As iemand baie ryk is, is hy/sy "skatryk".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die kleuter het byna verdrink, maar gelukkig kon iemand haar gou bybring.
Wat is die woordsoort van "bybring" in bostaande sin?

97 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
voornaamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde, soos "bybring", kry "-ge-" in die verlede tyd, byvoorbeeld "bybring - bygebring".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties