01 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-01-2026 só ingevul:
Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.
toër meer toe toeër meer toeër
Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Dit is met ........ dat die nuwe titelhouer aangekondig word.
genoee genoë genoeë genoeg
Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Spoegwolf se nuutste CD het ........ bereik.
multiplatinumstatus multi- platinum status multi-platinum status multi-platinum-status
Soos wat ons "silwerbruilof" skryf, so skryf ons "platinumstatus", aangesien die konsep nie met die kleur van die status te make het nie. Die prefiks "multi-" word in die reël sonder koppelteken vas aan 'n ander woord geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die toestel is ontwerp om die ........ se daaglikse take te vergemaklik.
quadroepleeg kwadrupleeg quadrupleeg kwadroepleeg
Party woorde van vreemde herkoms word gedeeltelik volgens 'n vreemde en gedeeltelik volgens die Afrikaanse spelwyse gespel.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)