Woorde wat oop “m” eindig, voorafgegaan deur ’n diftong, of ’n lang “a”, “e”, “o” of “u”, kry “-pie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.10).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Tydens ........ word daar feesgevier en smaaklike etes voorgesit.
ied Ied eid Eid
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die fees van "Eid' oel Fiter" volg op Ramadan en word gekenmerk deur gebede, feesvieringe en uitdeel van aalmoese aan armes.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Waarvoor staan die akroniem "WNNR"?
Westerse en Nabye-Oosterse Noodlenigingsraad Wêreldwye Nieunederlandse Rotarieklub Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord (letterklankwoord) of as letters (letternaamwoord) uitgespreek word. "WNNR" is 'n letternaamwoord, d.w.s. die name van die letters word gebruik om die woord ("wee-en-en-er") uit te spreek. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)