Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 31 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-12-2025 só ingevul:



........ , jy het hard gewerk en jy het die beste koek in die klas gebak!
53 % (afgerond)Voilà 
40 % (afgerond)Voilá
1 % (afgerond)Voilla
6 % (afgerond)Voila

Die gravisteken word gebruik in leenwoorde van vreemde herkoms in hulle oorspronklike vorms.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
87 % (afgerond)reuseverskeidenheid 
1 % (afgerond)reusverskeidenheid
reus verskeidenheid
12 % (afgerond)reuse verskeidenheid

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ loop deur Botswana.
5 % (afgerond)steenbokskeerkring
10 % (afgerond)Steenbokkeerkring
84 % (afgerond)Steenbokskeerkring 
1 % (afgerond)steenbokkeerkring

Geografiese benamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Sy het verlede jaar ........ met haar jeugliefde.
52 % (afgerond)afgehaak 
13 % (afgerond)die knoop deurgehak
35 % (afgerond)die knoop deurgehaak

Die uitdrukking "afhaak" beteken 'om met iemand te trou'; die uitdrukking "die knoop deurhak (met een a)" beteken 'deur ’n kragtige daad of besluit ’n probleem oplos'. Byvoorbeeld, die Haaie het die knoop deurgehak en deurgedring na die eindstryd.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties