Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 31 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-12-2025 só ingevul:



Hulle is nog besig om oor 'n ........ te onderhandel.
1 % (afgerond)vergoedings pakket
4 % (afgerond)vergoedingpakket
vergoeding pakket
95 % (afgerond)vergoedingspakket 

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “vergoedingspakket”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Ek het 'n fout gemaak; kan ek asseblief jou ........ leen?
91 % (afgerond)uitveër 
uitve-er
2 % (afgerond)uitveger
7 % (afgerond)uitveer

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ná die groot storm het opruimingswerk ........ begin.
92 % (afgerond)in alle erns 
8 % (afgerond)met alle erns
na alle erns

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “in alle erns”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



'n 747 ........ 'n groot vliegtuig.
87 % (afgerond)is 
2 % (afgerond)IS
11 % (afgerond)Is

As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties