31 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-12-2025 só ingevul:
Die minister van onderwys gaan vanjaar op ........ onderwys fokus.
tersiëre tersiêre tersiêr tersiere
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("tersiêr"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Daar is tien ........ tussen die twee prentjies.
verskile verskillens verskille
Konsonante wat ná die hoofklem van ’n woord volg, soos die "ll" in "verskille", word verdubbel om die klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die blomme begin nou ........ ná die reën.
opkom op kom
Samestellings van werkwoorde bestaande uit 'n voorsetsel plus 'n werkwoord, word gewoonlik vas geskryf, byvoorbeeld "opkom", "aanneem", "inkyk" en "opwek".
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Sinoniem vir die woord "smeek" is ........ .
soebat smet irriteer dreig
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "smeek - soebat".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)