Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 30 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-12-2025 só ingevul:



Toe die bewaarder die volgende oggend uitvind van die ontsnapping, het ........ losgebars.
3 % (afgerond)pandimonium
5 % (afgerond)pandenomium
pandinomium
92 % (afgerond)pandemonium 

Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. Dit lei dikwels tot spelfoute.
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Gaan roep asseblief vir my die diensmaagd en die ........ ; daar is iets wat ek wil hê hulle vir my moet doen.
werker
1 % (afgerond)diensmeester
1 % (afgerond)diensman
98 % (afgerond)dienskneg 

Afrikaans kan tussen twee geslagte onderskei. Sommige is maklik om af te lei deur byvoorbeeld 'n "-e" of "-in" agter die manlike vorm te sit. Ander moet egter geleer word, byvoorbeeld "diensmaagd - dienskneg".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ons sal tydens die reses 'n besoek bring aan ........ Gumede.
7 % (afgerond)haar edele regter
21 % (afgerond)haar Edele Regter
42 % (afgerond)Haar Edele Regter
30 % (afgerond)Haar Edele regter 

Die dele van sekere geformaliseerde aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



As jy miskien ........ , is daar geen rede om die handdoek in te gooi nie.
1 % (afgerond)vertwyfel
83 % (afgerond)twyfel 
11 % (afgerond)vertwyfeld is
5 % (afgerond)twyfelagtig is

Die woord "twyfel" beteken 'onseker wees van iets'; die woord "twyfelagtig" beteken 'wat agterdog wek'; die woord "vertwyfel" beteken 'radeloos wees'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties