Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 30 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-12-2025 só ingevul:



Die advokaat het aangevoer sy kliënt het uit selfverdediging opgetree.
Wat is die woordsoort van die woord "aangevoer" in bostaande sin.

94 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)adjektief
1 % (afgerond)bywoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Hierdie behuising is geskik vir ’n gesin met ’n ........ salaris van R10 000 per maand.
79 % (afgerond)bruto 
1 % (afgerond)brutto-
19 % (afgerond)bruto-
1 % (afgerond)brutto

Die woord "bruto" is ’n byvoeglike naamwoord en word gewoonlik nie vas geskryf nie, behalwe in ’n samestellende samestelling.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die Suid-Afrikaanse ........ moet poog om werkloosheid te verminder.
37 % (afgerond)Regering of regering 
46 % (afgerond)regering
17 % (afgerond)Regering

Die naam van 'n spesifieke instelling ("regering"), begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Idioom: Die ........ met iemand skeer.
4 % (afgerond)baard
94 % (afgerond)gek 
2 % (afgerond)snor

Die idioom "die gek met iemand skeer" beteken 'iemand vir die gek hou'. In Ou Nederlands beteken "scheren" 'om voor te doen as'. Om dus met iemand die gek te skeer was om hom/haar as 'n gek voor te stel.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties